top of page
World Cup 7.jpeg

DURBANVILLE AKADEMIE
GRAAD 4 - 12

TUTORSENTRUM VIR IMPAQ-GEREGISTREERDE LEERDERS

Ons maak gebruik van die KABV (CAPS) -gebaseerde kurrikulum wat deur Impaq verskaf word.

Durbanville Akademie is ‘n tutorsentrum waar onderrigondersteuning op ‘n professionele, gestruktureerde en aanpasbare wyse in Afrikaans aangebied word. 

Na jare se ondervinding in die onderwys het ons besef dat hoofstroomonderrig, om verskeie redes, nie aan alle kinders se behoeftes voldoen nie. Ons verwelkom leerders met uiteenlopende en unieke talente, vaardighede en uitdagings. Ons doelwit is om elke kind te laat tuis voel, sy of haar unieke bydrae te respekteer en hul ontwikkeling aan te help sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.


Ons is van mening dat, met die regte benadering en leiding, elke kind die potensiaal het om groot sukses te kan behaal.


Terwyl akademiese hulp ons hooffokus is, laat kleiner groepe toe dat ons ook aandag kan gee aan u kind se

sosiale, emosionele en geestelike ontwikkeling.

Gesinstyd is 'n prioriteit.

Ons streef daarna om ouers en kinders te ondersteun, deurdat soveel as moontlik huiswerk, take, asook voorbereiding vir toetse en eksamens (onder gekontroleerde omstandighede)

by die sentrum afgehandel kan word.

Tuis: Welcome
FB_IMG_1598519899934.jpg

MAKSIMUM 8 LEERDERS PER KLAS

MEER INDIVIDUELE AANDAG

‘n Maksimum van agt leerders per klas word toegelaat sodat individuele aandag van ‘n hoë standaard moontlik is. Ons glo dat die kind die vetrekpunt moet wees waarvolgens alle onderrig en leer beplan en aangebied word. Ons fokus dus daarop om verskillende onderrigbenaderings en –style te kombineer om sodoende die individuele behoeftes en belangstellings van elke kind te akkommodeer.

FB_IMG_1598519899934.jpg

GEKWALIFISEERDE ONDERWYSERS

GEEN STUDENTE NIE

Ons onderwysers is almal gekwalifiseerd met ondervinding in die onderrig van kinders.

FB_IMG_1598519899934.jpg

HULP MET HUISWERK EN TAKE

GESINSTYD IS VIR ONS 'N PRIORITEIT

Ons het begrip vir die eise wat die KABV(CAPS) -kurrikulum aan leerders en hul ouers stel. Leerders en ouers word oorweldig deur die hoeveelheid huiswerk en take wat hulle tuis moet voltooi. Dit veroorsaak geweldige spanning, nie net vir die kind, maar ook vir die ouer. Daarom ondersteun ons ouers en kinders deurdat meeste take en huiswerk by die sentrum voltooi word.

Meeste take word by die sentrum voltooi, sodat die kind kan leer hoe om navorsing te doen, inligting te analiseer en sinvol weer te gee. 

FB_IMG_1598519899934.jpg

AANVULLENDE NOTAS EN OPSOMMINGS

KINDERS LEER NIE ALMAL OP DIESELFDE WYSE NIE

Ons maak gebruik van die handboeke wat deur Impaq verskaf word, maar het gevind dat alle kinders nie baat by slegs die gebruik van handboeke nie. Ons stel dus nuwe, interessante notas op 'n verstaanbare manier op.

FB_IMG_1598519899934.jpg

HULP MET VOORBEREIDNG VIR TOETSE EN EKSAMENS

MINDER ANGS VIR OUERS EN KINDERS TYDENS TOETS- EN EKSAMENVOORBEIDING

Die kinders kan gedurende eksamens steeds tydens sentrumure na die sentrum kom om te studeer. Onderwyseresse sal beskikbaar wees om hulp aan te bied.

FB_IMG_1598519899934.jpg

KINDERS KAN BY OMLIGGENDE SKOLE SE BUITEMUURSE AKTIWITEITE INSKAKEL

TERME EN VOORWAARDES GELD

Na oorleg met omliggende skole mag ons sentrum se leerders by verskeie buitemuurse aktiwiteite betrokke raak.

Tuis: List
clock%202_edited.jpg

SENTRUMURE 

Maandag tot Vrydag

08:30 - 14:00

Die sentrum open om 07:30 en lesse begin om 08:30.

Die sentrum sal tydens skoolvakansies gesluit wees.

Ons volg elke dag van die week ‘n vasgestelde rooster/skedule van 08:30 – 14:00 sodat ouers en kinders presies weet in watter vakke daar op watter tye hulp aangebied word. Ons lesse per vak is ‘n uur lank. Nuwe werk word behandel, meeste huiswerk word in die klas afgehandel (onder gekontroleerde omstandighede) en vaslegging vind plaas.

Tuis: Opening Hours

TUTORS

Gekwalifiseerde onderwysersesse met ondervinding en 'n liefde vir kinders.

20200827_113657_edited.jpg

CHANÉ JORDAAN

Untitled

CHÉRIE CLAASSEN

Sulette.jpeg

SULETTE VAN WYK

Untitled

MARLÉ BRINK

WhatsApp Image 2022-01-17 at 6.19.50 PM.jpeg

GRETA MYBURGH

WhatsApp Image 2023-08-14 at 19.04.01.jpeg

MONÉ KRYNAUW

Tuis: Staff
Study Group
Tuis: Image

IMPAQ

Ons maak gebruik van die KABV (CAPS) - gebaseerde kurrikulum wat deur Impaq verskaf word en ontvang akademiese ondersteuning vanaf Impaq.

IMPAQ_supplier_logo_edited.jpg
Tuis: Image
Image by William Iven

KONTAK
DURBANVILLE AKADEMIE

081 319 3295 / 081 016 6991

  • Facebook

Thanks for submitting!

Tuis: Contact
bottom of page